Alla Mapstieks

Wees lekker,
bederf jou mense.

Ons dienste

Gee jou idees lewe met ons unieke geskenke.

Sublimasie drukwerk

Viniel produkte

Plakkers

Glas ets produkte

Gebrande hout produkte

Meer oor Alla Mapstieks

Ek is iemand wat hou van geskenke en verrassings uitdeel en ontvang. Die beloning vir my begin alreeds by die beplanningstadium, dit maak my elke keer kinderlik opgewonde.

Elke persoon is uniek en dit is waarom ek weke se beplanning, ure se handewerk en ekstra moeite insit om elke geskenk so persoonlik moontlik te maak. Die grootste beloning is die gesigsuitdrukkings en die trane, so af en toe. 

Alla Mapstieks se idiaal is om vriende spesiaal te laat voel en hulle lekker te bederf met ‘n unieke geskenk wat nie bekombaar is by ‘n winkel nie. Of dit nou is vir ‘n spesiale geleentheid of sommer-maar-net.

Ontmoet vir Corlia

Corlia is ‘n jong, lewenslustige plaasmeisie wat baie lief is vir mense, diere en die buitelewe. Sy het ‘n boerehart met ‘n groot liefde vir unieke geskenke, handewerk en om mense te bederf.

Sy het ‘n voltydse beroep en Alla Mapstieks is haar stokperdjie-besigheid wat dien as ‘n kreatiewe en skeppende uitlaat. 

Haar werk is haar trots.

Alla Mapstieks

Vertroud Deur

Kwelvrae

Wat sluit die kostes in?

Die koste sluit die ontwerp, produk asook die drukwerk in.

Hoe lank neem dit om die produkte te vervaardig?

Afhangende van beskikbare voorraad. Werk op ‘n gemiddelde tydperk van 7-10 dae.

Hoe werk aflewering van produkte?

Alla Mapstieks is gebaseer in George, waar ons ook gratis aflewer. Afstand is nie n probleem nie, ons pos ook pakkies tot op jou voorstoep!

Wat kan ons alles opsit?

Die ontwerp kan foto’s, woorde of prentjies van jou keuse wees. Elke ontwerp is uniek tot jou smaak. Hoe meer inligting deurgegee word, hoe beter!